Direk uit die grond na jou tafel – vars en vol lewe.
Gesond
Organies verbou, met jou gesondheid in gedagte.
Plaaslik
Tuisgemaak, plaaslik gedeel – met trots uit Potchefstroom.
Welkom by
KLEINEPLAAS
Vars
Direk uit die grond na jou tafel – vars en vol lewe.
Gesond
Organies verbou, met jou gesondheid in gedagte.
Plaaslik
Tuisgemaak, plaaslik gedeel – met trots uit Potchefstroom.
Die begin van 'n nuwe avontuur
Welkom by Kleine Plaas, ’n knus 8-hektare plasie net buite Potchefstroom waar ons gesin droom van selfonderhoudende, organiese boerdery. Hier is die natuur en eenvoud die hart van ons daaglikse lewe.
Ons is hard aan die werk om die grond te verbeter, Lucerne te verbou, en ’n vrugtebos en groentetuin te vestig. Ons boer organies met Dexter-beeste, Dormer-skape, en Easter Egger-hoenders wat pragtige kleurvolle eiers lewer.
Hier is 'n kleine voorsmaakie van wat kom...
Binnekort by jou deur: vars plaasliefde en volhoubare gesondheid!
MEER AS NET 'n plaas
Ons glo in ’n harmonieuse samewerking met die natuur deur herlewingslandbou wat die grond herstel en gesonde kos sonder chemikalieë of skadelike plaagdoders lewer. Ons streef daarna om gesondheid, balans en volhoubaarheid vir mens en aarde te bevorder.
Ons Missie
Ons missie is om ’n selfonderhoudende, organiese plaas te skep wat gesonde, vars kos produseer en volhoubare leefstyle bevorder. Deur volhoubare boerderypraktyke, gesinsbetrokkenheid en die herstel van die grond, streef ons daarna ’n positiewe impak op ons gemeenskap te maak. Ons glo in die krag van natuurlike groei, die waarde van eenvoud, en die vreugde van deel.
Ons Visie
Ons visie is om gesonde bekostigbare, vars produkte te kweek en om hierdie kos met ons gemeenskap te deel. Dis is nie net ’n plaas nie, dis ’n familieprojek, ’n droom van volhoubaarheid. Volg ons avontuur terwyl ons die plaas bou, groei en leer.